Ek laat haar heeltemal stilbly en asem haal
En sê raak kalm.
Dan sê ek kom ons kry plan van aksie.
Hoe gaan ons dit hanteer.
Op ou end dan is sy kalm en dan bespreek ons dit.
Maar as ek haar los hardloop haar kop met haar weg.
Ek raak altyd betrokke op een of ander manier met mense wat hulp nodig het.
Ek het met ou begin gesels agv natuurlike produkte wat ek verkoop het.
Hy wou natuurlike anti depresant gehad het.
Ek het besef hy is 52 jarige man wat met sy 1ste meisie getroud is.
Hy is hierdie eerlike persoon.
Maar tot 'n familie vergadering sit hom in 'n paniek aanval.
Hy praat nie maklik met mense.
As hy iemand moet bel dan moet hy 2 dae moed bymekaar skraap.
Ek werk nou 6md met hom.
Hy kan al my skakel as hy probleem het en ek kry hom nie gehelp op telefoon.
Dan vra ek kan ek skakel. Sodra ek terug is by my kantoor.
Dan sal hy skakel. So dan het hy 10min om homself voor te berei.
Ek hom gehelp as hy met sy gesin moet iets bespreek dat hy dit op e-poste met my bespreek
Dan tik ek raad by of sê hy is reg.
Dan gebruik hy dit as riglyn en doen die vergadering ding.
Hy het ook agv 'n krises die afgelope 2 weke 2 x die pastoor gaan sien. En elke keer kon hy gesprek voer en
nie net ja sê sodat dit afgehandel kan word.
Hy begin 'n stem hê en dis net selfvertroue wat hy gekort het.
Iemand moet net rustig wees en hulle hand vashou en hulle lei.
Ek het genoem die 1ste keer wat hy pastoor moes gaan sien.
Hy moet dink ek sit langs hom.
Die 2de keer kon hy dit al doen sonder dat ek sê ek ondersteun hom.
Want toe sien hy die Pastoor sal nie byt.