Login

Re:My lewensverhaal deel 2

1 year 1 month ago #9 by Peacemaker
Skielik besef ek hy dra nie veel by.
Daar is altyd storie.
Of sy hond wat by ex gebly het moet veearts toe gaan of....sy beursie is gesteel.

Maar mens is verlief en verlore.
En my kinders vrek oor hom.

Nou face ek nuwe probleme. Ek moet nog harder werk want daar is soveel ekstra uitgawes.
My ex betaal net onderhoud maar medies se extra Skoolfonds sport alles kom uit my sak.
My verloofde neem die kosmaak oor maar hy maak sulke duur kosse.
Maar tyd om te redeneer het ek nie rerig want ek moet die pot aan die kook hou.

Ek ondervind nou dat hy uitslip as hy klaar op Vrydag gebraai het.
Hy dink ek sal nie agterkom want ek slaap by kinders.
Maar hy hou nie rekenskap met die deure wat hy ooplos en die honde wat my kom wakker maak.

Ek begin in aand 00h00 die deure check. Want hy drink heelwat op Vrydae aande so ek is bang hy sluit nie deure.

Hy tel nonsens op by die werk en verloor sy werk.  Gelukkig kry hy gou werk.
Wat nou ook weer heelwat probleme veroorsaak. Die ou praat hom gat in sy kop.
As hy genoeg ure boek kry hy amper dubbel pay. So hy boek nie oortyd.
Maar in die dag werk hy vir goed soos pakkies aflewer.  Die baas se vrou se admin rondry
En na 14h00 begin hy rerig eers met sy werk. So al die oortyd is deel van sy normale ure.

Ek moan natuurlik hy moet met sy baas praat. Want tot Saterdae werk hy en kry nie sent oortyd.

Ons trou en 2 jaar later raak ek swanger.
Maar nou drink hy nie meer net Vrydae aande maar ook Woensdae aande.

Hy en my dogter wat hom aanbid het begin mekaar mis verstaan.
Want hulle hoor dat hy  my begin verbal abuse.
Sy verskoning is dat hy senuweeagtig is  vir verantwoordelikheid om sy eie kind te hê

Hy gaan na sielkundige en die sê dis sy werk en hy moet daar wegkom.
Ek maak planne en maak eie besigheid oop.
Vandag wonder ek het sielkundige rerig so gesê.

Nou het hy meer stres en begin ook Saterdae drink.

Ons mooiste popi word gebore en hy is die mees fantastiese pa vir haar.
Sy baie soet.

Die besigheid brei uit en ons begin mense aanstel.

Die besigheid raak te groot om van die huis af te werk en ek soek nuwe huis om met my baba
ook die kantoor te kan run.

Vind 'n huis en koop.
Maar nou het ek huise wat ek sukkel met huurders.
En hy stres meer en begin ook Sondae as hy kos maak drink.

En die verbal abuse raak al hoe erger.
Eers was dit net as ons alleen is.
Toe voor die kinders. En jy bly stil om nie kinders te ontstel.
Nou voor my huishulp
Toe voor die tuinman.
Toe voor die werkers wat vir ons werk.
Mens is so skaam. En jy gee sy sin vir hom.
Want hy begin al hoe minder werk en al hoe meer spandeer.
En ek kom agter van die werk wat gedoen word kom nie na die bankrekening

Hy kom agter hoe meer toeskouers daar is hoe minder gaan ek hom tee.
My ma is later ook toeskouer en ek wil haar nie ontstel.

Hy het self voor my vriende siptiel sy tyd reg gekies.

Die wereld dink ek het die mees fantastiese man.
Hy maak kos uit die boeke
DRa dit agter my aan.
Doen soveel moeite

Maar intussen run ek die kantoor.
Ek run die huise en hy speel heeldag games.
Ek kom agter as ons mense sukkel is dit teveel moeite om in die bakkie te klim en te gaan kyk waar hulle sukkel.
Maar hy lieg vir my.

Die geld wat gesteel word uit die besigheid raak al hoe meer.

En as ek daarna vra word dit erger hoe hy skel.
Ek smeek hom hy moet pasop dat my laatlam en sy enigste kind nie hom ok verafsku soos my middel kind.

Ek koop besigheid om te probeer wegkom van hom.
En neseier op te bou as my laatlam matriek skryf want dan wil ek hom los.

Met sy manipulasie ens. Is ek bang dat hy of iets aan haar doen.
Of as hy naweek haar kry laat hy met haar verdwyn om my te spite.

Hy besef ek vrees hom nie.  Want hy het 2 x vuurwapen teen my kop gedruk maar ek het hom gesê skiet
Ek weet hy is lafaard maar steeds bang wat gaan hy doen uit haat vir my.

Die besigheid is besig om te vou.
Want ek is nie meer daar om alles reg te hou.
Die salarisse is meer as wat inkom in die bank.

Hy koop parte en doen privates maar die firma moet parte betaal.
Hy vervals my handtekening en plekke waar ek R20 000 krediet het doen hy aansoek vir R150 000

Ek besef ek hou nie meer al die balle in die lig.
Ek kan nie oral check
Intussen kry my ma Parkinson plus.

En as enigste kind moet ek haar ook hanteer.
En haar familie is moeilik.  
Sy wil graag aftree oord toe gaan.
Ek teken dat sy kan gaan en pak haar huis op en verhuur dit.


ek probeer my besigheid verkoop sodat ek terug kan kom by my man se besigheid om te red wat te rede is.
En my besigheid se geld te vat en meenthuis te bou.
Iemand stel belang en hou my 6md aan lyntjie
Toe hy middel Oktober laat weet hy koop nie meer.
Besef ek hy het 80% v my kliente gesteel.

Maar ek het net nie krag om alles te hanteer.
Daar is net teveel ysters in die vuur.
My kind studeer .Ek moet dit hanteer.
My besigheid wat my man hanteer hardloop in die rooi.
Hy drink nou elke aand van die week.

My laatlam verloor een van haar troeteldiere en kan nie ophou huil

Ek kontak vriendin wat maatskaplike werker is en vra haar sy moet maatskaplike werker aanbeveel sodat my kind
oor haar geliefde troeteldier kan kom.

Na die tyd roep maatskaplike werker my in en noem dat dit nie haar troeteldier is maar haar pa.
Beveel aan ek moet haar pa los aangesien ek al 10jr nie meer hom liefhet.

Ek sê haar ek is finansiel emosioneel nie reg
En ek is bang.

Sy sê dan kan sy my nie help.
Twee weke later wil my kind nie huistoe kom.
Sy huil en sê huis is nie lekker
Vra haar moet ek haar pa skei.
Asb Mamma

Die volgende oggend 08h00 bel ek die prokureur.
Kry beskermingsbevel en sit egskeiding aan die gang.

Ek oorhandig dit die Maandag aan hom.
Hy is verslae want hy dog ons is so gelukkig.

Ek laat hom 3 md verniet in 1 v my woonstelle bly
En gee hom kontant besigheid wat hy op kan werk.
En laat hy 3 md nie hoef onderhoud te betaal.
Alhoewel hy meer kan verdien met besigheid as wat ek verdien.

Na 3md betaal hy steeds nie onderhoud of huur.
En 2md later strike covid.
My huurders in kompleks betaal by hom die huur want hulle was dan so gewoond hy kry
dit by sy kantoor in.
Want dis naby aan die eiendom.
Met covid noem hy niemand het betaal.
Hulle is net weg die 25ste Maart
Mei maand het niemand nog betaal en ek ek kontak hulle.
Nee hulle het by hom betaal.
Hy is met meer as R30 000 weg.


Ek kontak hom en hy sê hy het dit uitgedrink.
Ek besluit om hom uit te sit. Want ek kry nie huurgeld in en het geen kontrak met hom.

Gelukkig voor ek sulke drastiese stappe moet neem verdwyn hy.
Maar verdwyn met soveel van my goed.
Want dan kom leen hy die pot en dan daai argilla
en die kinders het hom gevang dat hy as hy sy wasgoed kom was sommer inkopies in my kaste doen.

Ek begin my lewe regkry.
Iemand het eendag goeie verduideliking gehad.
Sulke Narsiste  'MIND FUCK"JOU

 Ek besef hoe in my moer is ek.
Ek is bang om my deurmekaar huis netjies te maak.
Want ek is bang hy kom en skep weer organise chaos
Al is hy weg uit kimberley

In aande as iets buite beweeg kyk ek na venster
Verwag enige oomblik hy verskyn daar en sê hy het nie kos of blyplek

My laatlam hoor eendag toe ek dit vir haar sussie noem.
Sy sê "" mamma dan bel ons die polisie ""
Ek sê ""maar hy gaan sê hy is jou pa""
Sy sê ""nee Mamma hy is sperm donar.""
Toksiek bly toksiek

Skielik stuur vriendin my hy is weer getroud.
En alles begin weer my lewe omkrap
Ek huil my dood.
Nou wonder ek was ek nie miskien maar lief vir hom die heeltyd.

Maar weet ek was nie.
Nou dink ek .
Hy noem  hy dat hy met sy ware liefde van skool getroud is.

En ek besef.  Hy nooit haar naam genoem
Hy my baie van sy meisies vertel.

En ek besef my vermoede van 20jr was korrek
Hy my ook gebruik.
Ek was maklik met huis meubels en goeie inkomste.

Nou is dit weer selfde. Hy kon haar gat in kop praat. Nou sorg sy vir hom

Hy is so goed met dit.

Ek slaap die naweek om.
Slaap altyd my baie gehelp


En word die Maandag wakker
En besef ek is vry
Vry om my lewe te herbou
Vry om planne te maak om myself uit finansiele krises te kry
Vry dat hy nie voor my deur sal staan en sê hy het nerens om heen te gaan
Hy sal ok nie op my oudste dogter se gevoel kan speel

Al het ek depressie van na my broer se dood
Dis mos chemiese wanbalans in jou brain.
Het depressie my nog nooit onder gekry

Want ek het steeds soveel om voor dankbaar te wees
Al het ek nie geleerheid. Het ek 'n besigheids brain
Ek is nie bang om te werk.
Ek is nie bang om te bid.
Ek sal weer opstaan
Ek het baie goeie kinders.
Fantastiese skoonseun
En vriende wat ek altyd op kan staatmaak.
Van hulle al 48 jaar.
Ander 36 jaar
25 jaar
En so gaan dit aan.

Elke donker wolk het silver randjie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

1 year 1 month ago #10 by Anne
Replied by Anne on topic Re:My lewensverhaal deel 2
Dis verskriklik. Jy klink eintlik baie positief. Het jy steeds jou eie besigheid? En is al drie jou kinders in jou lewe?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

1 year 1 month ago #16 by Peacemaker
Dankie ja mens moet positief bly
Sal nie help om negatief te word.
Mens het steeds soveel meer om voor dankbaar te wees.
Mens het steeds baie meer geleenthede as ander mense.

Ja ek het nog my besigheid wat ek gekoop het om weg te kom van hom.
Maar dit gaan nie so goed daarmee
Ek probeer net minstens al my stock verkoop dat ek kan van my geld terugkry

Al 3 dogters is nog in my lewe.
OUdste getroud met fantastiese man.
Middelkind het eers studies opgeskop.
Laatlam is nog op skool

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Time to create page: 0.303 seconds
Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account